Openbaring 10:9-10

Openbaring 10:9-10 ABA

Ek het na die engel gegaan en vir hom gevra om vir my die klein boekrol te gee. Die engel het vir my gesê: “Jy moet dit neem en jy moet dit eet! Dit sal bitter wees in jou maag, maar in jou mond sal dit so soet soos heuning wees!” Ek het die klein boekrol uit die hand van die engel geneem en ek het dit geëet. Dit het so soet soos heuning gesmaak in my mond. Maar toe ek dit geëet het, het my maag bitter geword.