Openbaring 10:9-10

Openbaring 10:9-10 AFR20

Ek het toe na die engel gegaan, en hom gevra om die klein boekrolletjie vir my te gee. En hy het vir my gesê: “Neem dit, en eet dit op. Dit sal jou maag bitter maak, maar in jou mond so soet soos heuning wees.” En ek het die boekrolletjie uit die hand van die engel geneem, en dit opgeëet. In my mond het dit so soet soos heuning gesmaak, maar nadat ek dit geëet het, was dit bitter in my maag.