Vriende, God is baie goed vir julle. Daarom vra ek mooi vir julle: Julle moet vir God dien soos Hy wil hê julle moet Hom dien. Julle moet self offers wees vir Hom. Dit beteken: Julle moet reg lewe, julle moenie sonde doen nie, want julle behoort aan God. Julle moet goeie dinge doen, dinge waarvan God hou. Julle moenie wees soos die mense van hierdie wêreld nie. Julle moet vir God vra om julle te verander sodat julle die regte dinge sal dink. Dan sal julle dinge doen wat God wil hê julle moet doen, goeie dinge, dinge waarvan Hy hou, dinge wat heeltemal reg is. God was baie goed vir my. Daarom sê ek vir elkeen van julle: Jy moenie dink jy is belangriker as wat jy regtig is nie. Jy moet verstandig dink oor jouself en oor alles. Julle moet onthou dit is God wat vir julle elkeen sê hoe julle Hom moet dien.
Lees Romeine 12
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: Romeine 12:1-3
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's