Romeine 12:9-13

Romeine 12:9-13 ABA

Julle moet waarlik lief wees vir mekaar. Julle moet slegte dinge haat en graag goeie dinge doen. Julle behoort aan Christus en aan mekaar, daarom moet julle lief wees vir mekaar. Julle moet eerste wees om ander mense te respekteer. Julle moenie lui wees nie, julle moet hard werk in die gemeente. Dit moet vir julle lekker wees. Julle moet die Here dien. Julle moet wys dat julle bly is, want julle weet dat die Here julle sal red. Wanneer julle swaarkry, dan moet julle geduldig wees. Julle moet aanhou bid. Party mense wat ook aan die Here behoort, het baie min goed. Julle moet van julle goed vir hulle gee. Julle moet vriendelik wees met vreemdelinge.