ROMEINE 12:9-13
ROMEINE 12:9-13 Bybel vir almal (ABA)
Julle moet waarlik lief wees vir mekaar. Julle moet slegte dinge haat en graag goeie dinge doen. Julle behoort aan Christus en aan mekaar, daarom moet julle lief wees vir mekaar. Julle moet eerste wees om ander mense te respekteer. Julle moenie lui wees nie, julle moet hard werk in die gemeente. Dit moet vir julle lekker wees. Julle moet die Here dien. Julle moet wys dat julle bly is, want julle weet dat die Here julle sal red. Wanneer julle swaarkry, dan moet julle geduldig wees. Julle moet aanhou bid. Party mense wat ook aan die Here behoort, het baie min goed. Julle moet van julle goed vir hulle gee. Julle moet vriendelik wees met vreemdelinge.
ROMEINE 12:9-13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
LAAT die liefde ongeveins wees; verafsku wat sleg is; hang die goeie aan; wees hartlik teenoor mekaar met broederlike liefde; die een moet die ander voorgaan in eerbetoning; wees nie traag in die ywer nie; wees vurig van gees; dien die Here; verbly julle in die hoop; wees geduldig in die verdrukking; volhard in die gebed. Maak voorsiening in die behoeftes van die heiliges; streef na gasvryheid
ROMEINE 12:9-13 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die liefde moet opreg wees. Verafsku wat sleg is en hou vas aan wat goed is. Betoon hartlike broederliefde teenoor mekaar; bewys eerbied teenoor mekaar en wees mekaar daarin tot voorbeeld. Moenie in julle toewyding verslap nie, bly altyd geesdriftig, dien die Here. Verbly julle in die hoop; staan vas in verdrukking; volhard in gebed. Help die medegelowiges in hulle nood en lê julle toe op gasvryheid.
ROMEINE 12:9-13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Julle liefde moet ongeveins wees. Verafsku die kwaad; hou vas aan die goeie. Julle moet mekaar liefhê met innige broederliefde. Gaan mekaar voor in eerbetoning. Moenie traag wees in julle toewyding nie; bly geesdriftig; hou vol om die Here te dien. Verbly julle in die hoop; wees standvastig wanneer julle swaarkry; volhard in die gebed. Betoon meelewing met die behoeftes van die •heiliges; lê julle toe op gasvryheid.
ROMEINE 12:9-13 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Laat die liefde onbeskaamd wees. Verafsku wat sleg is; hou vas aan wat goed is. Wees vriendelik teenoor mekaar met broederliefde; in eer om mekaar te verkies; Nie traag in besigheid nie; vurig van gees; dien die Here; Juig in die hoop; geduldig in verdrukking; voortdurende oomblik in gebed; Uitdeel aan die noodsaaklikheid van heiliges; aan gasvryheid gegee.
ROMEINE 12:9-13 Die Boodskap (DB)
Moenie net maak asof julle mekaar liefhet nie. Nee, gee regtig vir mekaar om. Haat alles wat sleg is. Doen net waarvan God hou. Julle moet mekaar soos eie broers en susters liefhê. Behandel mekaar met groot respek en agting. Moenie vir een enkele oomblik verslap in julle diens aan die Here nie. Nee, laat die Gees julle met sy krag aan die brand steek sodat julle voluit vir God kan leef. Dien die Here met groot oorgawe. Sien met blydskap uit na daardie dag waarop die Here alles nuut kom maak. Moenie mismoedig word as julle ly omdat julle Christene is nie. Bid sonder ophou. Help ander gelowiges wat swaarkry. Wees gasvry. Stel julle huise tot beskikking van gelowiges wat nie ’n plek het om tuis te gaan nie.
ROMEINE 12:9-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Moenie veins dat jy ander liefhet nie; doen dit uit jou hart. Haat alles wat verkeerd is; kies kant vir wat goed is. As broers en susters in God se huisgesin moet julle mekaar in liefde koester en voor in die ry staan om mekaar met respek te hanteer. Moenie sleepvoet wees in julle toewyding nie; wees entoesiasties; wees werklik diensbaar vir die Here. Wees bly oor die wonderlike toekoms wat God vir julle beplan. Volhard in tye van swaarkry; moenie verslap in die gebed nie. As medegelowiges in nood verkeer, wees jy die een om ’n helpende hand na hulle toe uit te steek. Maak ’n gewoonte daarvan om gasvry te wees – maak nie saak of dit oor kos of slaapplek gaan nie.