1 Samuel 18:1-4
1 Samuel 18:1-4 AFR20
Toe Dawid klaar met Saul gepraat het, was Jonatan reeds baie geheg aan Dawid. Jonatan het hom liefgekry soos homself. Saul het hom op daardie dag saamgeneem en hom nie toegelaat om na sy familie terug te gaan nie. Jonatan het met Dawid 'n verbond gesluit, omdat hy hom liefgehad het soos homself. Jonatan het die mantel wat hy aangehad het, uitgetrek en dit vir Dawid gegee, ook sy uitrusting, ja selfs sy swaard, sy boog en sy gordel.

