1 Samuel 19:9-10

1 Samuel 19:9-10 AFR20

'n Bose gees van die HERE het oor Saul gekom terwyl hy in sy huis gesit het met sy vegspies in sy hand. Dawid was besig om op die lier te speel. Saul het probeer om Dawid met die vegspies teen die muur vas te pen, maar hy het hom ontwyk, en Saul het die vegspies in die muur vas gegooi. Dawid het toe padgegee en daardie nag ontvlug.