1 Samuel 27

27
Dawid by die Filistyne
1Dawid het vir homself gesê: “Nou gaan ek op 'n dag deur die hand van Saul weggevee word. Daar is vir my niks beter nie as om uit te wyk na die land van die Filistyne. Dan sal Saul moed opgee oor my, om verder na my te soek in die hele gebied van Israel. Ek sal so aan sy hand ontvlug.”
2 Dawid het toe gereedgemaak, en hy en die seshonderd man wat by hom was, het oorgegaan na Agis, seun van Maog, die koning van Gat. 3 Dawid het toe by Agis in Gat gebly, hy en sy manne, elkeen met sy huisgesin, ook Dawid met sy twee vroue, Aginoam van Jisreël en Abigajil, die weduwee van Nabal van Karmel. 4Toe daar aan Saul berig gebring is dat Dawid na Gat gevlug het, het hy hom nie verder gesoek nie.
5Dawid het vir Agis gesê: “As ek guns gevind het in u oë, laat hulle vir my 'n plek gee in een van die buitedorpe sodat ek daar kan woon. Waarom sou u dienaar in die koninklike stad by u woon?” 6 Agis het dieselfde dag nog Siklag vir hom gegee. Daarom behoort Siklag aan die konings van Juda; dit is vandag nog so.
7 Die tydperk wat Dawid in die gebied van die Filistyne gewoon het, was een jaar en vier maande. 8 Dawid en sy manne het opgetrek en aanvalle geloods op die mense van Gesur; op die mense van Geser en op die Amalekiete. Ja, hulle was die inwoners van die land wat van altyd af gestrek het van die ingang na Sur tot by Egipteland. 9 Wanneer Dawid 'n landstreek aanval, het hy geen man of vrou laat leef nie, maar hy het die kleinvee, beeste, donkies, kamele en klere geneem. Wanneer hy dan terugkeer en by Agis aankom, 10 vra Agis: “Waar het julle vandag 'n aanval geloods?” Dawid sê dan: “In die Negev van Juda”, of “teen die mense van Jeragmeël in die Negev”, of “teen die Keniete in die Negev”. 11Dawid het geen man of vrou lewend na Gat geneem nie, want hy het gedink: Anders kan hulle inligting gee oor ons en sê: “So het Dawid gemaak.” Dit was sy gewoonte solank as wat hy in die Filistynse gebied gewoon het.
12 Agis het Dawid vertrou, en gedink: “Hy het hom so afstootlik gedra by sy volk Israel dat hy vir altyd my dienaar sal wees.”

Tans Gekies:

1 Samuel 27: AFR20

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan