Dié uitspraak is betroubaar. As iemand na 'n amp as opsiener streef, begeer hy 'n goeie taak. 'n Opsiener moet onberispelik wees: 'n man met net een vrou, beheersd, verstandig, goed gemanierd, gasvry, en in staat om onderrig te gee. Hy moet nie 'n dronkaard of veglustig wees nie, maar inskiklik, vredeliewend, en nie geldgierig nie. Hy moet met volkome waardigheid sy eie huishouding goed bestuur en sy kinders onderdanig hou. Maar as iemand sy eie huishouding nie behoorlik kan bestuur nie, hoe sal hy na die •gemeente van God kan omsien? Hy moet nie 'n pasbekeerde wees nie, sodat hy nie verwaand word, en in dieselfde oordeel as die Duiwel beland nie. Boonop moet hy 'n goeie reputasie onder die mense buite die gemeente hê, sodat hy nie in die skande en in die Duiwel se strik beland nie. Net so moet diakens hulle waardig gedra, nie uit twee monde praat nie, hulle nie oorgee aan baie wyn nie, nie inhalig wees nie, terwyl hulle met 'n skoon gewete aan die geheimenis van die geloof vashou. Maar laat hulle eers getoets word, en as hulle onberispelik bevind word, laat hulle dan as diakens optree. Net so moet vroue waardig wees, nie skindertonge nie, sober, betroubaar in alles.
Lees 1 Timoteus 3
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: 1 Timoteus 3:1-11
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's