1 Timoteus 5:16-18

1 Timoteus 5:16-18 AFR20

As 'n gelowige vrou weduwees in haar familie het, laat sy hulle help! Laat die gemeente nie belas word nie, sodat hulle ondersteuning kan gee aan dié wat werklik weduwees is. Laat die ouderlinge wat goed leiding gee, dubbele eer ontvang, veral diegene wat hard werk aan woordverkondiging en onderrig. Want die Skrif sê, “Jy mag 'n bees wat graan trap, nie muilband nie,” en “'n Arbeider is sy loon werd.”