As julle maar 'n klein bietjie dwaasheid van my sou kon verdra! Verdra my tog maar! Want ek is jaloers oor julle met 'n goddelike jaloesie, aangesien ek julle aan een Man, aan •Christus, verbind het, om julle as 'n rein maagd aan Hom aan te bied. Maar ek is bang dat, soos die slang vir Eva met sy geslepenheid mislei het, julle gedagtes dalk bederf kan raak, verwyderd van die opregte en reine toewyding aan Christus. Want as iemand 'n ander Jesus kom verkondig wat ons nie verkondig het nie, of julle ontvang 'n ander gees wat julle nie ontvang het nie, of 'n ander evangelie wat julle nie aanvaar het nie, verdra julle dit geredelik. Ek reken inderdaad dat ek in geen opsig terugstaan by die sogenaamde super-apostels nie. Ek mag onbedrewe wees as spreker, maar nie onbedrewe in kennis nie – dit het ons julle in elke opsig en op allerlei maniere laat sien. Of het ek 'n sonde begaan deur myself te verneder, sodat julle verhoog kon word, omdat ek die evangelie van God sonder betaling aan julle verkondig het? Ander •gemeentes het ek beroof deur vergoeding te aanvaar om julle te bedien. En terwyl ek by julle was en 'n tekort gehad het, het ek ook niemand geldelik belas nie, want die broers wat van Macedonië af gekom het, het voldoende in my behoeftes voorsien. Ek het my daarvan weerhou, en sal my daarvan weerhou, om in enige opsig vir julle 'n las te wees. Die waarheid van Christus is in my: Hierdie roem van my sal nie verswyg word in die gebiede van Agaje nie. Waarom? Omdat ek julle nie liefhet nie? God weet, ek het! Maar wat ek doen, en sal voortgaan om te doen, is om diegene te verhinder wat 'n geleentheid soek om in die saak waaroor hulle spog, as ons gelykes beskou te word. Want sulke mense is vals apostels, slinkse werkers, terwyl hulle hulleself vermom as •apostels van Christus. En geen wonder nie; want selfs Satan vermom hom as 'n engel van die lig! Daarom is dit ook nie vreemd as sy dienaars hulle ook vermom as dienaars van •geregtigheid nie. Hulle einde sal volgens hulle werke wees.
Lees 2 Korinthiërs 11
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: 2 Korinthiërs 11:1-15
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's