Hierdie skat het ons in kleipotte, sodat die buitengewone krag duidelik van God kom en nie van ons nie. In alles word ons verdruk, maar nie oorweldig nie; ons is oor raad verleë, maar nie radeloos nie; ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; ons word platgeslaan, maar nie vernietig nie. Die sterwe van Jesus dra ons altyd in ons liggaam met ons saam, sodat ook die lewe van Jesus in ons liggaam sigbaar kan word. Want ons wat leef, word voortdurend aan die dood uitgelewer ter wille van Jesus, sodat ook die lewe van Jesus in ons sterflike liggaam sigbaar kan word. So werk die dood dan in ons, maar die lewe in julle.
Lees 2 Korinthiërs 4
Deel
Vergelyk alle weergawes: 2 Korinthiërs 4:7-12
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's