Handelinge 28:26-27

Handelinge 28:26-27 AFR20

“ ‘Gaan na hierdie volk en sê: “Met die ore sal julle hoor, en glad nie verstaan nie, en met die oë sal julle sien, en glad nie insig kry nie. Want hierdie volk se hart is afgestomp – hulle kan beswaarlik met hulle ore hoor; hulle het hulle oë gesluit, sodat hulle nie met hulle oë sien en met hulle ore hoor en met hulle harte verstaan en terugdraai, en Ek hulle genees nie.” ’