Kolossense 4:2-4

Kolossense 4:2-4 AFR20

Volhard in gebed. Wees waaksaam en dankbaar as julle bid. Bid terselfdertyd ook vir ons, dat God vir ons 'n deur vir die Woord sal oopsluit, om die misterie van •Christus te verkondig – dit waarvoor ek in boeie is – en bid dat ek dit met die regte woorde sal kan verduidelik.