Eksodus 17:6-7

Eksodus 17:6-7 AFR20

Kyk, Ek sal daar voor jou staan op die rots by Horeb. Jy moet op die rots slaan, dan sal daar water uitkom, en die volk sal drink.” Moses het dit toe gedoen ten aanskoue van die oudstes van Israel. Hy het die plek Massa en Meriba genoem, na aanleiding van die Israeliete se verwyte, en omdat hulle die HERE uitgedaag het deur te sê: “Is die HERE in ons midde of nie?”