Eksodus 27:20-21

Eksodus 27:20-21 AFR20

“ Jy self moet die Israeliete beveel dat hulle vir jou suiwer geparste olyfolie bring vir lig, sodat die lampe voortdurend kan brand. In die Tent van Ontmoeting, buite die voorhangsel wat voor die Getuienis hang, moet Aäron en sy seuns die kandelaar gereedmaak om van die aand tot die oggend te brand voor die HERE. Dit is 'n vaste verpligting wat van die kant van die Israeliete op die nageslag van Aäron en sy seuns rus. ”