Moses het telkens 'n tent geneem en dit buite die kamp opgeslaan, ver van die kamp af. Hy het dit 'n ontmoetingstent genoem. Elkeen wat die HERE wou raadpleeg, moes uitgaan na die ontmoetingstent wat buite die kamp was. Telkens wanneer Moses uitgegaan het na die tent, het die hele volk opgestaan, en dan het elkeen sy plek ingeneem by die ingang van sy tent. Hulle het Moses agternagekyk totdat hy by die tent ingegaan het. Telkens wanneer Moses die tent binnegegaan het, het die wolkkolom afgekom en by die ingang van die tent gaan staan. Dan het die HERE met Moses gepraat.
Lees Eksodus 33
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: Eksodus 33:7-9
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's