Esegiël 2

2
Esegiël se opdrag
1 Hy het vir my gesê: “Mensekind, staan regop, dan sal Ek met jou praat.” 2 'n Gees het oor my gekom terwyl Hy met my praat, en dit het my regop laat staan. Ek hoor toe iemand praat met my. 3Hy het vir my gesê: “Mensekind, Ek stuur jou na die Israeliete toe, na daardie rebelse nasies wat teen My in opstand gekom het. Hulle en hulle voorouers het teen My oortree tot op die dag van vandag. 4 Dié kinders het stroewe gesigte en harde harte. Ek stuur jou na hulle en jy moet vir hulle sê, ‘So sê my Heer, die Here.5 En hulle, of hulle nou luister of verseg om te luister – want hulle is die rebelse huis – hulle sal besef dat daar 'n profeet onder hulle was. 6 Maar jy, mensekind, jy moet nie bang wees vir hulle of vir hulle woorde nie. Moenie bang wees nie, al is dorings en distels jou voorland en al sit jy by skerpioene. Vir hulle woorde moet jy nie bang wees nie, en deur hulle gesigte moet jy jou nie laat afskrik nie, al is hulle die rebelse huis. 7Jy moet my woorde vir hulle sê, of hulle luister of verseg om te luister, want hulle is opstandig. 8En jy, mensekind, luister na wat Ek vir jou sê. Moenie opstandig wees soos die rebelse huis nie. Maak jou mond wyd oop en eet wat Ek vir jou gee. ”
9 Ek sien toe, kyk, daar is 'n hand uitgestrek na my – met 'n •boekrol! 10Hy het dit voor my oopgerol. Op die voor- en agterkant daarvan was daar geskryf; treurliedere, versugtinge en weeklagte was daarop neergeskryf.

Tans Gekies:

Esegiël 2: AFR20

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan