Genesis 3:1-4

Genesis 3:1-4 AFR20

Die slang was listiger as al die diere van die veld wat die HERE God gemaak het. Hy het vir die vrou gevra: “Is dit werklik so dat God gesê het julle mag nie van enige boom in die tuin eet nie?” Die vrou het die slang geantwoord: “Van die vrugte van die bome in die tuin mag ons eet, maar oor die vrugte van die boom wat in die middel van die tuin is, het God gesê, ‘Julle mag daarvan nie eet nie en dit nie aanraak nie, anders sterf julle.’ ” Die slang sê toe vir die vrou: “Julle sal beslis nie sterf nie.