Genesis 41:50-52

Genesis 41:50-52 AFR20

Vir Josef is twee seuns gebore voordat die jare van hongersnood aangebreek het – seuns wat Asenat, die dogter van Poti-Fera, die priester van On, vir hom in die wêreld gebring het. Josef het die eersgeborene Manasse genoem, “want,” het hy gesê, “God het my al my swaarkry laat vergeet, en ook my hele familie”. Sy tweede seun het hy Efraim genoem, “want,” het hy gesê, “God het my vrugbaar gemaak in die land van my ellende”.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Genesis 41:50-52