Hosea 12:10-12
Hosea 12:10-12 AFR20
Maar Ek is die Here jou God – al van Egipteland af. Ek sal jou weer in tente laat woon soos in die feestyd. Ek het met die profete gepraat; Ek het dit deur baie visioene gedoen, en deur profete tref Ek vergelykings. Is Gilead boos? Hulle het heeltemal tot niet gegaan. In Gilgal het Efraim selfs bulle geoffer; ook hulle altare sal kliphope word in die slote in die veld.


