Jesaja 12

12
1Jy sal op daardie dag sê:
“Ek dank U, Here,
Ja, U was toornig op my,
maar u toorn het bedaar,
U troos my.
2 Kyk, God is my verlossing;
ek vertrou en is nie ontsteld nie.
Ja, die Here, die Here
is my toevlug en my sterkte;
Hy het my tot hulp gekom.
3 Julle sal met vreugde water skep
uit die fonteine van verlossing.
4 Julle sal op daardie dag sê,
‘Prys die Here!
Roep sy Naam uit!
Maak onder die volke
sy dade bekend!
Verkondig dat sy Naam verhewe is!
5 Besing die Here,
want verhewe dinge het Hy gedoen;
dit moet bekend word
oor die hele aarde.’
6 Roep uit en jubel,
inwoners van Sion,
want die Heilige van Israel
is groot in julle midde.”

Tans Gekies:

Jesaja 12: AFR20

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan