Jesaja 40:1-11

Jesaja 40:1-11 AFR20

“Troos, troos my volk!” sê julle God. “Praat mooi met Jerusalem! Roep haar toe dat haar gedwonge arbeid voltooi is, dat haar skuld afbetaal is! Ja, sy het uit die hand van die HERE 'n dubbele straf ontvang vir al haar sondes. ” 'n Stem roep: “Maak in die woestyn die pad van die HERE gereed; maak in die Araba 'n grootpad vir ons God gelyk. Elke dal moet opgevul word, en elke berg en heuwel moet wegsak. Hobbelrige plekke moet gelyke grond word, en rotsagtige terrein moet 'n vallei word. Die heerlikheid van die HERE sal geopenbaar word; alle mense sal dit gelyktydig sien, want die mond van die HERE het gespreek.” 'n Stem sê toe: “Roep uit!” En ek vra: “Wat moet ek uitroep? Alle mense is immers gras; en al hulle trou is soos 'n veldblom. Gras verdor, 'n blom verwelk wanneer die asem van die HERE daarop blaas. Waarlik, die volk is maar net gras!” “ Ja, gras verdor, 'n blom verwelk, maar die woord van ons God hou stand vir altyd. ” Klim op 'n hoë berg, Sion, boodskapper van vreugde! Verhef jou stem met krag, Jerusalem, boodskapper van vreugde! Verhef dit, moenie bang wees nie! Sê vir die dorpe van Juda: “Hier is julle God!” Kyk, my Heer, die HERE – met krag kom Hy, en sy arm oefen vir Hom heerskappy uit. Kyk, sy vergoeding is by Hom, sy beloning is voor Hom. Soos 'n herder laat Hy sy kudde wei; in sy arms maak Hy lammers bymekaar; teen sy bors dra Hy hulle; die lammerooie lei Hy.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Jesaja 40:1-11