Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

Jesaja 66:12-14

Jesaja 66:12-14 AFR20

Want so sê die Here: “Kyk, Ek gaan vrede na haar toe afkeer soos 'n rivier, die luister van nasies soos 'n spruit in vloed; en julle sal drink. Op die heup sal julle gedra word, en op knieë gewieg word. Soos iemand se moeder hom troos, so sal Ek self julle troos; in Jerusalem sal julle getroos word. As julle dit sien, sal julle harte bly wees; julle gebeente sal soos groen plante gedy.” Die mag van die Here sal bekend wees by sy diensknegte, en Hy sal sy vyande vervloek.