Jakobus 4:5-7
Jakobus 4:5-7 AFR20
Of dink julle dat die Skrif verniet sê dat God hunker met besitlikheid na die gees wat Hy in ons laat woon het? Maar Hy gee groter genade – daarom sê Hy: “God staan die hoogmoediges teen, maar aan die nederiges gee Hy genade.” Onderwerp julle dus aan God. Weerstaan die Duiwel, dan sal hy van julle wegvlug.





