Jeremia 25:1-3

Jeremia 25:1-3 AFR20

Dit is die woord wat tot Jeremia gekom het oor die hele volk van Juda, in die vierde regeringsjaar van Jojakim, seun van Josia, koning van Juda. Dit was in die eerste regeringsjaar van Nebukadresar, koning van Babilonië, dat die profeet Jeremia met die hele volk van Juda en al die inwoners van Jerusalem gepraat het: “ Vanaf die dertiende regeringsjaar van Josia, seun van Amon, koning van Juda, tot op hierdie dag, drie-en-twintig jaar lank, het die woord van die HERE tot my gekom. Ek het aanhoudend met julle gepraat, maar julle het nie geluister nie.