Jeremia 44:16-17

Jeremia 44:16-17 AFR20

“Die woord wat jy aan ons in die Naam van die HERE verkondig het – ons gaan nie na jou luister nie. Trouens, ons sal alles wat ons met ons eie monde onderneem het, beslis doen: om offers te verbrand vir die koningin van die hemel en vir haar drankoffers uit te giet soos ons gedoen het, ons en ons voorouers, ons konings en ons •hoë amptenare, in die dorpe van Juda en die strate van Jerusalem. Toe was ons versadig met brood en het dit met ons goed gegaan; rampe het ons toe nie beleef nie.