Johannes 13:2-5

Johannes 13:2-5 AFR20

Gedurende die aandete het die Duiwel dit reeds in die hart van Judas, seun van Simon Iskariot, gelê om Jesus te verraai. Jesus het geweet dat die Vader alles in sy hande gegee het, en dat Hy van God gekom het en weer na God terugkeer. Daarom het Hy van die ete opgestaan, sy boklere uitgetrek, 'n linnedoek geneem en dit om Hom vasgebind. Toe gooi Hy water in die waskom en begin om die voete van die dissipels te was en dit met die linnedoek wat om Hom gebind was, af te droog.

Video vir Johannes 13:2-5