Job 11:13-15

Job 11:13-15 AFR20

“As jy maar net iemand was wat jou hart daarop gerig het, en jou handpalms na Hom uitgestrek het! As daar onreg aan jou hande kleef, raak ontslae daarvan! Moenie ongeregtigheid in jou tente laat woon nie! Want dan sal jy jou kop kan lig sonder 'n skandvlek; jy sal stewig staan en nie vrees nie.