Job 26

26
Job se antwoord op Bildad se derde betoog
1Job het hierop gereageer en gesê:
2“Hoe het jy nie die kragtelose
te hulp gekom nie,
die arm van die een
wat nie krag oor het nie, gehelp!
3Hoe het jy nie raad gegee
aan die onwyse,
en vindingrykheid in oormaat
geopenbaar nie!
4 Met wie se hulp het jy
die woorde meegedeel,
en wie se asem het uit jou
na vore gekom?
5“ Die skimme krimp ineen –
dié wat onder die water is,
en dié wat daarin woon.
6 Die •doderyk staan naak voor Hom;
daar is geen bedekking
vir die onderwêreld nie –
7 voor Hom wat die noorde
oopspan oor die niet,
wat die aarde ophang aan niks;
8 wat die waters in sy wolke
saambind,
sonder dat die wolkmassa
daarvan oopskeur;
9Hy wat die aansig van die troon versper
deur sy wolkmassa daaroor
uit te sprei.
10 Hy het sirkelvormig
'n grens getrek oor
die oppervlakte van die water
tot waar lig by donker eindig.
11 Die pilare van die hemel wankel
en staan verslae deur sy dreiging.
12 Deur sy krag het Hy die see
laat bedaar,
deur sy insig het Hy Rahab verbrysel.
13Deur sy asem maak Hy
die hemel helder;
sy hand deurboor die vinnige slang.
14Kyk, dit is maar net die buitelyne
van sy weë.
Wat ons van Hom hoor,
is maar 'n gefluisterde woord.
Sy donderende krag –
wie begryp dit?”

Tans Gekies:

Job 26: AFR20

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan