Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

Levitikus 27:30-33

Levitikus 27:30-33 AFR20

“ ‘ Enige tiende wat die grond lewer, uit die saad van die grond of uit die vrugte van bome, behoort aan die Here; dit is 'n heilige gawe aan die Here. As iemand wel van sy tiende wil loskoop, moet hy 'n vyfde daarby voeg. En wat al die tiendes van beeste en kleinvee betref, elke tiende een wat onder die herderstaf deurgaan, is 'n heilige gawe aan die Here. Die eienaar mag nie tussen goeies vir 'n slegte soek nie en hy mag nie diere omruil nie. As hy dit wel omruil, is daardie dier reeds heilig en sal die geruilde een ook heilig wees. Dit mag nie losgekoop word nie.’ ”