Levitikus 7:11-16

Levitikus 7:11-16 AFR20

“ ‘ Dit is die voorskrifte vir 'n •maaltydoffer wat vir die HERE gebring word: As iemand dit uit dankbaarheid bring, moet hy saam met die •dankoffer ongesuurde brood aanbied: ringbrode, klam gemaak met olyfolie, platbrode, gesmeer met olyfolie, en gesifte meel, klam gemaak met olyfolie en deurgeknie. Saam met die ringbrode moet hy brood met suurdeeg gebak aanbied by sy maaltydoffer wat hy as dankoffer bring. Van elke soort brood van die offer moet hy een aanbied as 'n •wydingsgeskenk aan die HERE. Dit is bedoel vir die priester wat die bloed van die maaltydoffer sprinkel; dit kom hom toe. Die vleis van sy maaltydoffer wat iemand uit dankbaarheid bring, moet op die dag van sy offer geëet word. Niks daarvan mag oorbly tot die volgende oggend nie. “ ‘As sy offergawe 'n slagoffer is, ná 'n gelofte of vrywillig, moet dit op dieselfde dag wat hy sy offer bring, geëet word. Wat daarvan oorbly tot die volgende dag, mag ook nog geëet word.