Matteus 4:18-22

Matteus 4:18-22 AFR20

Terwyl Jesus langs die See van Galilea loop, het Hy twee broers gesien, Simon, wat •Petrus genoem word, en Andreas, sy broer. Hulle was besig om 'n treknet in die see uit te gooi, want hulle was vissers. Hy sê vir hulle: “Volg My, en Ek sal julle vissers van mense maak!” Hulle het onmiddellik hulle nette gelos en Hom gevolg. Hy het van daar af verder geloop en twee ander broers gesien: Jakobus, die seun van Sebedeus, en sy broer Johannes. Hulle was saam met hulle vader Sebedeus in die boot besig om hulle nette heel te maak, en Hy het hulle geroep. Hulle het onmiddellik die boot en hulle vader verlaat en Hom gevolg.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Matteus 4:18-22