“Maar jy, Betlehem-Efrata, al is jy gering in die streke van Juda, uit jou sal daar vir My iemand kom om 'n heerser te wees in Israel. Sy oorsprong is uit die verre verlede, uit die dae van weleer. ” Dit is waarom die HERE hulle sal oorgee tot die tyd aanbreek vir 'n swanger vrou om geboorte te skenk. Dan sal die res van sy volksgenote terugkeer saam met die Israeliete. Hy sal optree en as herder lei deur die krag van die HERE, deur die grootheid van die Naam van die HERE sy God. Hulle sal veilig gevestig wees, want dan sal hy magtig wees tot aan die uithoeke van die aarde. “Hierdie een sal ongedeerd wees. Wanneer Assirië ons land binnekom, sy voete in ons vestings sit, sal ons sewe herders, ja, agt stamhoofde uit die mense teen hulle opstel. Hulle sal die land Assirië met die swaard kaalstroop, die land van Nimrod met dolke. Hy sal ons van Assirië red wanneer hulle ons land binnekom en ons grense oorsteek.
Lees Miga 5
Deel
Vergelyk alle weergawes: Miga 5:1-5
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's