Markus 11:20-25

Markus 11:20-25 AFR20

Toe hulle vroegoggend daar verbygaan, het hulle die vyeboom gesien, verdor tot in sy wortels. •Petrus het onthou – en sê vir Hom: “Rabbi, kyk, die vyeboom wat U vervloek het, is verdor!” Jesus antwoord hulle toe: “Julle moet geloof in God hê. •Amen, Ek sê vir julle: Wie vir hierdie berg sê, ‘Lig jouself op en gooi jouself in die see,’ en nie in sy hart twyfel nie, maar glo dat wat hy sê, gaan gebeur, vir hom sal dit gebeur. Daarom sê Ek vir julle, alles waarvoor julle bid en vra, glo dat julle dit al ontvang het, en dit sal vir julle so gebeur. En wanneer julle staan en bid – as julle iets teen iemand het, vergeef hom, sodat julle Vader in die hemele julle ook julle oortredings kan vergeef. ”

Gratis leesplanne en oordenkings oor Markus 11:20-25