Nehemia 3

3
Herbou van Jerusalem se mure en poorte
1 Eljasib, die hoëpriester en sy ampsgenote, die priesters, het gereedgemaak en die Skaappoort herbou. Hulle het dit self geheilig en die poortdeure ingesit. Tot by die Toring van die Honderd het hulle dit geheilig, ook tot by die Toring van Gananel.
2Langs hulle het die manne van Jerigo gebou.
Langs hulle het Sakkur, seun van Imri, gebou.
3Die Vispoort is deur die seuns van Hassenaä herbou. Hulle het die balke gelê en die poortdeure, sokgrendels en sluitbalke ingesit.
4Langs hulle het Meremot, seun van Urija, seun van Kos, herstelwerk gedoen.
Langs hulle het Mesullam, seun van Beregja, seun van Mesesabel, herstelwerk gedoen.
Langs hulle het Sadok, seun van Baäna, herstelwerk gedoen.
5Langs hulle het mense van Tekoa herstelwerk gedoen, maar die vernames onder hulle het nie hulle nekke onder die juk van hulle Heer se werk gesit nie.
6Die Jesanapoort het Jojada, seun van Paseag, en Mesullam, seun van Basodja, herstel. Hulle het die balke gelê en die poortdeure, sokgrendels en sluitbalke ingesit.
7Langs hulle het Melatja, uit Gibeon, en Jadon, uit Meronot, herstelwerk gedoen. Die manne van Gibeon en Mispa het behoort tot die ampsgebied van die •streekgoewerneur wes van die Rivier.
8Langs hulle het Ussiël, seun van Garhaja, 'n lid van die goudsmede, herstelwerk gedoen.
Langs hom het Gananja, 'n lid van die salfmengers, herstelwerk gedoen. Hulle het Jerusalem opgeknap tot by die Breë Muur.
9Langs hulle het Refaja, seun van Gur, die bevelvoerder van die helfte van die Jerusalem-distrik, herstelwerk gedoen.
10Langs hulle het Jedaja, seun van Garumaf, reg voor sy huis die herstelwerk gedoen.
Langs hom het Gattus, seun van Gasabneja, herstelwerk gedoen.
11'n Tweede afgemete deel, het Malkija, seun van Garim, en Gassub, seun van Pagat-Moab, herstel, en ook die Toring van die Oonde.
12Langs hulle het Sallum, seun van Halloges, die bevelvoerder van die ander helfte van die Jerusalem-distrik, herstelwerk gedoen, hy en sy dogters.
13Die Dalpoort is deur Ganun en die inwoners van Sanoag herstel. Hulle het dit self herbou, die deure, sokgrendels en sluitbalke ingesit, en ook duisend el van die stadsmuur herstel, tot by die Ashooppoort.
14Die Ashooppoort is deur Malkija, seun van Regab, bevelvoerder van die Bet-Hakkêrêm-distrik, herstel. Hy het dit self herbou en die deure, sokgrendels en sluitbalke ingesit.
15Die Fonteinpoort is deur Sallun, seun van Kol-Gose, die bevelvoerder van die Mispa-distrik, herstel. Hy het dit self herbou, die dak opgesit en die deure, sokgrendels en sluitbalke ingesit; so ook die stadsmuur by die dam van die watervoor wat na die koningstuin loop, tot by die trappe wat afgaan vanaf die Stad van Dawid.
16Daar langsaan het Nehemia, seun van Asbuk, bevelvoerder van die helfte van die Bet-Sur-distrik, herstelwerk gedoen tot regoor die grafte van Dawid, en ook verder tot by die geboude dam en die Huis van die Helde.
17Daar langsaan het die Leviete onder Regum, seun van Bani, herstelwerk gedoen.
Langs hom het Gasabja, die bevelvoerder van die helfte van die Keïla-distrik herstelwerk namens sy distrik gedoen.
18Daar langsaan het hulle stamgenote onder Binnuï, seun van Genadad, die bevelvoerder van die ander helfte van die Keïla-distrik, herstelwerk gedoen.
19Langs hom het Eser, seun van Jesua, die bevelvoerder van Mispa, herstelwerk gedoen aan 'n tweede afgemete deel teenoor die opdraande na die wapenhuis, by die hoek.
20Daar langsaan het Barug, seun van Sabbai, 'n tweede afgemete deel ywerig herstel, vanaf die hoek tot by die ingang na die huis van Eljasib, die hoëpriester.
21Daar langsaan het Meremot, seun van Urija, seun van Kos, 'n tweede afgemete deel herstel, van die ingang na die huis van Eljasib tot by die einde van die huis van Eljasib.
22Daar langsaan het die priesters, manne uit die onmiddellike omgewing, herstelwerk gedoen.
23Daar langsaan het Benjamin en Gassub herstelwerk gedoen, reg voor hulle huis.
Daar langsaan het Asarja, seun van Maäseja, seun van Ananja, langs sy huis herstelwerk gedoen.
24Daar langsaan het Binnuï, seun van Genadad, 'n tweede afgemete deel herstel, vanaf die huis van Asarja tot by die hoek en tot by die draai van die stadsmuur.
25Palal, seun van Usai, was aan die bou teenoor die hoek en die boonste toring wat bo die koninklike paleis uittroon, by die binnehof van die paleiswag.
Daar langsaan was dit Pedaja, seun van Paros.
26Die tempeldienaars het op die Ofel gewoon; hulle was besig tot regoor die Waterpoort aan die oostekant en die toring wat daar uittroon.
27Daar langsaan het die mense van Tekoa 'n tweede afgemete deel herstel, regoor die groot toring wat uittroon en verder tot by die muur van die Ofel.
28Bo die Perdepoort het die priesters herstelwerk gedoen – elkeen regoor sy huis.
29Daar langsaan het Sadok, seun van Immer, herstelwerk gedoen voor sy huis.
Daar langsaan het Semaja, seun van Seganja, die wag by die Oospoort, herstelwerk gedoen.
30Daar langsaan het Gananja, seun van Selemja, en Ganun, die sesde seun van Salaf, 'n tweede afgemete deel herstel.
Daar langsaan het Mesullam, seun van Beregja, herstelwerk gedoen regoor sy kamer.
31Daar langsaan het Malkija, 'n lid van die goudsmede, herstelwerk gedoen tot by die huis van die tempeldienaars en die handelaars, regoor die Poort vir die Monstering, tot by die bovertrek van die draai van die stadsmuur.
32Tussen die bovertrek van die draai en die Skaappoort het die goudsmede en handelaars herstelwerk gedoen.

Tans Gekies:

Nehemia 3: AFR20

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan