Filippense 1:7-11

Filippense 1:7-11 AFR20

Dit is immers vir my reg om so oor julle almal te dink, omdat ek julle in my hart hou. Wat my gevangenskap, sowel as die verdediging en bevestiging van die evangelie betref, deel julle almal saam met my in die genade. Want God is my getuie hoe ek met die innigheid van Christus Jesus intens na julle almal verlang. Ek bid juis dat julle liefde al hoe meer sal toeneem in kennis en insig, om die dinge wat saak maak, te kan onderskei, sodat julle, met die oog op die dag van Christus, innerlik suiwer en onberispelik kan wees, gevul met die vrug van •geregtigheid deur Jesus Christus tot verheerliking en lof van God.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Filippense 1:7-11