Psalms 112

112
1Halleluja!
א ALEF
Gelukkig is die mens
wat ontsag het vir die Here,
ב BET
wat groot vreugde vind in sy gebooie.
ג GIMEL
2Sy nageslag sal magtig wees
in die land –
ד DALET
'n geslag opregtes wat geseën word.
ה HE
3Oorvloed en rykdom is in sy huis,
ו WAW
en sy geregtigheid hou stand vir altyd.
ז ZAJIN
4Hy skyn in die duisternis
as 'n lig vir die opregtes;
ח GET
hy is genadig, barmhartig en regverdig.
ט TET
5Dit gaan goed met 'n mens
wat goedhartig is en uitleen,
י JOD
wat sy sake eerlik bestuur;
כ KAF
6want hy sal nooit wankel nie.
ל LAMED
'n Regverdige bly vir altyd
in die herinnering.
מ MEM
7Vir slegte tyding is hy nie bang nie;
נ NUN
sy hart is standvastig
in vertroue op die Here.
ס SAMEK
8Sy hart is bestendig,
hy is nie bang nie;
ע AJIN
uiteindelik sien hy neer
op sy teenstanders.
פ PE
9Hy deel uit, hy gee aan behoeftiges;
צ TSADE
sy geregtigheid hou stand vir altyd;
ק KOF
met waardigheid styg sy aansien.
ר RESJ
10 Die goddelose sien dit
en vererg hom;
שׁ SJIN
hy kners op sy tande,
maar kwyn weg.
ת TAW
Die begeerte van goddeloses
gaan tot niet.

Tans Gekies:

Psalms 112: AFR20

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan