Psalms 114
114
1 Toe Israel uit Egipte weggetrek het,
die huis van Jakob weg van
die volk met 'n vreemde taal,
2het Juda God se heiligdom geword,
Israel sy magsgebied.
3 Die see het dit gesien en gevlug;
die Jordaan het teruggedeins.
4Die berge het gebokspring
soos ramme,
die heuwels soos lammers.
5Wat gaan met jou aan, see,
dat jy vlug,
Jordaan, dat jy terugdeins,
6berge, dat julle soos ramme
bokspring,
en julle, heuwels, soos lammers?
7Sidder, aarde, voor die Heer,
voor die God van Jakob,
8 wat die rots verander het
in 'n waterryke vleiland,
die vuursteen in 'n waterfontein.
Tans Gekies:
Psalms 114: AFR20
Kleurmerk
Deel
Kopieer
Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan
Bybel in Afrikaans 2020-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za.
Bybel in Afrikaans 2020-vertaling met Deuterokanonieke Boeke © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za.