Psalms 141:1-2

Psalms 141:1-2 AFR20

'n Psalm. Van Dawid. HERE, ek roep U aan; kom gou na my toe! Luister na my stem wanneer ek na U roep. Mag my gebed standhoudend voor U wees soos reukwerk, die ophef van my hande soos die aandoffer.