Psalms 146

146
LOFPRYSING
(Ps 146 – 150)
1Halleluja!
Loof die Here, o my siel!
2Ek wil die Here loof solank ek leef;
ek wil my God besing solank ek bestaan.
3Moenie op vooraanstaandes
vertrou nie,
op 'n mens, by wie daar
geen verlossing is nie.
4Sy asem gaan uit,
hy keer terug na die grond;
op daardie dag is sy planne
daarmee heen.
5Gelukkig is die mens
wat die God van Jakob as sy hulp het,
wie se hoop gevestig is
op die Here, sy God –
6Hy wat hemel en aarde
gemaak het,
die see, en alles wat daarin is,
Hy wat trou bly tot in ewigheid,
7wat die reg van verdruktes handhaaf,
aan hongeres brood gee.
Die Here laat gevangenes vry;
8die Here maak blindes se oë oop;
die Here rig dié op
wat terneergedruk is.
Die Here het regverdiges lief;
9die Here beskerm •vreemdelinge;
vaderloses en weduwees help Hy op,
maar die pad van goddeloses
maak Hy krom.
10Die Here sal vir ewig regeer,
jou God, Sion,
van geslag tot geslag.
Halleluja!

Tans Gekies:

Psalms 146: AFR20

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan