Psalms 48

48
1'n Lied. 'n Psalm. Van die Koragiete.
2 Groot is die Here
en besonder lofwaardig
in die stad van ons God,
sy •heilige berg.
3 Indrukwekkend hoog,
'n vreugde vir die hele land
is die berg Sion in die verre
noorde van die stad van die groot Koning.
4God is in die vestings van die stad.
Hy is bekend as 'n toevlugsoord.
5Want kyk, die konings
het byeengekom,
hulle het saam opgetrek.
6Die oomblik toe hulle dit sien,
was hulle stomgeslaan;
verskrik het hulle op die vlug geslaan.
7Vrees het hulle daar beetgepak,
angs, soos 'n vrou wat geboorte gee.
8Met 'n oostewind het U
handelskepe stukkend gebreek.
9Wat ons gehoor het,
het ons ook ervaar
in die stad van die Here,
Heerser oor alle magte,
in die stad van ons God:
God het haar gevestig vir altyd. •Sela
10In u •tempel, o God,
dink ons na oor u troue liefde.
11Soos u Naam, o God,
so strek u lof tot aan die eindes
van die aarde,
u regterhand is vol •geregtigheid.
12Die berg Sion is verheug,
die dogters van Juda juig
oor u beslissings.
13Loop rondom Sion,
gaan reg rondom haar;
tel haar torings,
14kyk goed na haar verdedigingswal,
bekyk haar vesting,
sodat julle dit vir die
toekomstige geslag kan vertel:
15Ja, hierdie God is ons God
vir altyd en ewig;
Hý sal ons lei vir ewig.

Tans Gekies:

Psalms 48: AFR20

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan