Openbaring 6:5-6

Openbaring 6:5-6 AFR20

Toe Hy die derde seël oopbreek, het ek die derde lewende wese hoor sê: “Kom!” Ek het gesien, en kyk, daar was 'n swart perd. Sy ruiter hou 'n weegskaal in sy hand. Ek het toe iets soos 'n stem tussen die vier lewende wesens hoor sê: “'n Rantsoen koring kos 'n denarius, en drie rantsoene gars kos 'n denarius, en moenie dat daar skade kom met die olyfolie en die wyn nie.”