Openbaring 8:1-8

Openbaring 8:1-8 AFR20

En toe die Lam die sewende seël oopbreek, het daar vir ongeveer 'n halfuur lank stilte in die hemel neergedaal. En ek het die sewe engele gesien wat voor God staan, en aan hulle is sewe trompette gegee. 'n Ander engel het nader gekom met 'n goue wierookbak, en by die altaar gaan staan. Baie reukwerk is aan hom gegee om, saam met die gebede van al die heiliges, op die goue altaar voor die troon te gaan offer. Die rook van die reukwerk het, saam met die gebede van die heiliges, uit die engel se hand voor God opgestyg. Die engel het toe die wierookbak geneem, dit met vuur van die altaar af gevul, en dit op die aarde uitgegooi. En daar was donderslae, dreunings, weerligstrale en 'n aardbewing. Die sewe engele met die sewe trompette het gereedgemaak om daarop te blaas. Die eerste een het op sy trompet geblaas, en daar was hael en vuur, gemeng met bloed, en dit is op die aarde uitgegooi. 'n Derde van die aarde is verskroei, 'n derde van die bome is verskroei, en al die groen gras is verbrand. Die tweede engel het op sy trompet geblaas, en iets soos 'n enorme berg, wat vlammend brand, is in die see gegooi. 'n Derde van die see het bloed geword;

Video vir Openbaring 8:1-8