Romeine 1:26-28

Romeine 1:26-28 AFR20

Daarom het God hulle oorgegee aan oneerbare drange, want hulle vroue het die natuurlike seksuele omgang verruil vir omgang wat teen die natuur is. Net so het ook die mans die natuurlike seksuele omgang met die vrou laat vaar en vurig begin brand van begeerte na mekaar; mans het met mans skandelikheid bedryf en in hulleself die verdiende loon vir hulle afwyking ontvang. En omdat hulle dit as verwerplik beskou het om aan God erkenning te gee, het God hulle oorgegee aan 'n verwerplike denkwyse, sodat hulle onbetaamlik optree.