Romeine 13:8-14

Romeine 13:8-14 AFR20

Wees aan niemand iets verskuldig nie, behalwe die verpligting om mekaar lief te hê. Wie sy medemens liefhet, het die wet vervul. Want dit, “Jy mag nie egbreuk pleeg nie, jy mag nie moord pleeg nie, jy mag nie steel nie, jy mag nie begeer nie,” of watter ander gebod ook al, word saamgevat in hierdie uitspraak: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.” Die liefde doen die naaste geen kwaad nie, daarom is die liefde die vervulling van die wet. Boonop ken julle die bestemde tyd – dat die uur reeds daar is om uit die slaap wakker te word – ja, ons verlossing is nou nader as toe ons tot geloof gekom het. Die nag het reeds ver gevorder; dit is amper dag. Kom ons doen dan afstand van die praktyke van die duisternis en trek die wapenrusting van die lig aan. Kom ons leef betaamlik, soos in die dag – nie met gefuif en dronkenskap nie, nie met ontug en losbandigheid nie, nie met rusie en afguns nie. Beklee julle egter met die Here Jesus •Christus; en maak nie voorsiening vir julle sondige aard om sy drange te bevredig nie.

Video vir Romeine 13:8-14

Gratis leesplanne en oordenkings oor Romeine 13:8-14