Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

Romeine 16:17-18

Romeine 16:17-18 AFR20

Ek doen 'n beroep op julle, broers, om mense in die oog te hou wat verdeeldheid en struikelblokke veroorsaak, in stryd met die leer waarin julle onderrig is. Bly weg van hulle af. Want hierdie soort mense dien nie Christus ons Here nie, maar hulle eie maag. Met strelende woorde en vleitaal mislei hulle die harte van naïewe mense.