Toe het die koning van Aram teen Israel oorlog gevoer en met sy dienaars beraadslaag en gesê: Op daardie en daardie plek sal my laer wees. En die man van God het na die koning van Israel gestuur om te sê: Pas op dat jy nie so 'n plek verbygaan nie; want daar het die Arameërs afgekom. En die koning van Israel het na die plek gestuur wat die man van God hom aangewys het en hom waarsku, en hom daar gered, nie een of twee keer nie. Daarom was die hart van die koning van Aram erg ontsteld oor hierdie saak; en hy het sy dienaars geroep en vir hulle gesê: Sal julle my nie wys wie van ons vir die koning van Israel is nie? Toe sê een van sy dienaars: Nie een nie, my heer die koning, maar Elisa, die profeet wat in Israel is, vertel die koning van Israel die woorde wat jy in jou slaapkamer spreek. En hy sê: Gaan kyk waar hy is, dat ek hom kan stuur en haal. En dit is aan hom meegedeel en gesê: Kyk, hy is in Dotan. Daarom het hy perde en strydwaens en 'n groot leër daarheen gestuur, en hulle het in die nag gekom en die stad omsingel. En toe die dienaar van die man van God vroeg opgestaan en uitgegaan het, kyk, daar het 'n leër die stad omsingel, met perde en strydwaens. En sy dienaar sê vir hom: Wee, my heer! hoe sal ons maak? En hy antwoord: Moenie vrees nie, want die wat by ons is, is meer as die wat by hulle is. En Elísa het gebid en gesê: HERE, open tog sy oë, dat hy kan sien. En die HERE het die oë van die jongman geopen; en hy het gesien, en kyk, die berg was vol perde en strydwaens van vuur rondom Elisa. En toe hulle by hom afkom, het Elísa tot die HERE gebid en gesê: Slaan tog hierdie volk met blindheid. En hy het hulle met blindheid geslaan volgens die woord van Elísa.
Lees 2 Konings 6
Deel
Vergelyk alle weergawes: 2 Konings 6:8-18
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's