Want almal wat uit die werke van die wet is, is onder die vloek; want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat nie bly in alles wat in die boek van die wet geskrywe is om dit te doen nie. Maar dat niemand deur die wet voor God geregverdig word nie, dit is duidelik; want die regverdige sal uit die geloof lewe. En die wet is nie uit die geloof nie, maar: Die mens wat dit doen, sal daarin lewe. Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons 'n vloek te word, want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat aan 'n boom hang! Sodat die seën van Abraham oor die heidene kan kom deur Jesus Christus; sodat ons die belofte van die Gees deur die geloof kan ontvang.
Lees Galasiërs 3
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: Galasiërs 3:10-14
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's