Genesis 3:1-4

Genesis 3:1-4 CAB23

Die slang was listiger as al die diere van die veld wat die HERE God gemaak het. En hy sê vir die vrou: Ja, het God gesê: Julle mag nie eet van al die bome van die tuin nie? Toe sê die vrou vir die slang: Ons mag eet van die vrugte van die bome van die tuin. Maar van die vrugte van die boom wat in die middel van die tuin is, het God gesê: Julle mag daarvan nie eet en dit nie aanraak nie, sodat julle nie sterwe nie. En die slang sê vir die vrou: Julle sal gewis nie sterwe nie.